|
Gesigloses
agter maskers
geweld
staan op hoë torings
met
bazuka’s en handgranate
geweld
staan op hoë uitkykposte
gesigloses
agter maskers
geweld
loop tussen ons kinders
met
wellus en bloed op hul hande
geweld
slaap tussen ons moeders
gesigloses
agter maskers
geweld
lê in elk sekonde
met
wakker oë altyd op die uitkyk
geweld
is die agtervolgingsskaduwee
van
gesigloses agter maskers
gesígloses
agter maskers!
gesigloses
ágter maskers!!
gesigloses
agter máskers!!!
geweld
is dié een ding
wat
die gesiglose wreedaards
met
hul graf toe dra…
|